mari hanekom's profile

Self Promotional Branding

As ‘n unieke ontwerper in ‘n wêreld met honderde ander ontwerpers, is dit moeilik om uit te staan. Daarom is dit belangrik om ‘n unieke ontwerpstyl te hê wat jou unieke styl en sterkpunte wys. Die konsep agter hierdie Self Promotional projek is dat ek twee kante vir my ontwerpvooruitsigte en my persoonlikheid het. Daar is ‘n volwasse kant en ‘n meer kinderlike kant wat wys dat ek kan speels en kreatief wees soos ‘n kind, maar ook verantwoordelik en hardwerkend soos ‘n volwassene is. 

Die ontwerpstyl van hierdie projek is baie kinderlik met sagte kleure. Dit wys die belangstelling in illustrasie en karakterontwerp. Die twee karakters wat geskep is vir hierdie projek is ‘n visualisering van die innerlike kind en volwasse kant om te wys dat jy albei kan wees. Ikone is ook geskep vir albei karakters, Little Pippy en Miss Pip. Die ikone is ‘n mengsel tussen kinderlike en volwasse elemente soos make-up en lekkergoed wat wys hoe die twee saamsmelt.

Om te wys dat die volwasse en kinderlike kant saam kan bestaan met mekaar is die verskillende ikone met mekaar gemeng in patrone wat die twee kante se elemente saam sien werk. Die kleure wat gebruik is vir die visuele aspekte van die projek is a blou-groen en donker pienk. Die blou-groen verteenwoordig die volwasse kant terwyl die pienk die innerlike kind verteenwoordig. Saam werk die twee kleur om ‘n goeie kombinasie te skep.
Self Promotional Branding
Published:

Self Promotional Branding

Published: